Leon Trotsky

Leon Trotsky
Leon Trotsky
Leon Trotsky in die 1930's

Sowjetse Volkskommissaris Militêre en Vlootsake
Ampstermyn
13 Maart 1918 – 6 Januarie 1925
Premier Wladimir Lenin
Aleksei Roekof
Voorafgegaan deur Nikolai Podwoiski
Opgevolg deur Michail Froenze

Sowjetse Volkskommissaris vir Buitelandse Sake
Ampstermyn
8 November 1917 – 13 Maart 1918
Premier Wladimir Lenin
Voorafgegaan deur Michail Teresjtsjenko
Opgevolg deur Georgi Tsjitsjerin

President van die Petrogradse Sowjet
Ampstermyn
8 Oktober 1917 – 8 November 1917

Volle lid van die 6de, 7de, 8ste, 9de, 10de, 11de, 12de, 13de, 14de Politburo
Ampstermyn
10 Oktober 1917 – 23 Oktober 1926

Persoonlike besonderhede
Gebore (1879-11-07)7 November 1879
Kropiwnitski, Cherson-goewerment
Sterf 21 Augustus 1940 (op 60)
Coyoacán, Meksikostad, Meksiko
Politieke party Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Eggenoot/-note Aleksandra Sokolofskaja
Natalia Sedowa
Kind(ers) Zinaida Wolkowa
Nina Newelson
Lev Sedof
Sergei Sedof
Handtekening

Leo(n) Trotsky of Ljef Trotski (Russies: Лев Троцкий), gebore as Leiba Dawidowitsj Bronsjtein (Russies: Лейба Давидович Бронштейн; Janifka, Russiese Ryk, 7 November 1879 - Coyoacán, suid van Meksiko-Stad, 21 Augustus 1940) was 'n Russiese Marxistiese rewolusionêr en teoretikus, Sowjetpolitikus en die stigter en eerste leier van die Rooi Leër.

Trotsky was aanvanklik 'n aanhanger van die faksie van die Mensjewistiese internasionale organisasies van die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty. Hy het net voor die Oktoberrewolusie van 1917 by die Bolsjewiste aangesluit, en uiteindelik 'n leier in dié party geword. Tydens die begin dae van die Sowjetunie het hy eers as volkskommissaris van buitelandse sake en later as stigter en aanvoerder van die Rooi Leër as volkskommissaris van militêre en maritieme sake. Hy was 'n belangrike figuur in die Bolsjewistiese oorwinning van die Russiese Burgeroorlog. Ook was hy een van die eerste lede van die Politburo.

Ná 'n mislukte stryd van die linkse opposisie teen die beleid en die opkoms van Josef Stalin in die jare 1920 en die toenemende rol van die burokrasie in die Sowjetunie, is Trotsky agtereenvolgens uitgeskop (1927), uit die Kommunistiese Party van die Sowjetunie en uiteindelik verban uit die Sowjetunie (1929). As hoof van die Vierde Internasionale, gaan Trotsky in ballingskap in Mexiko voort met die voer van teenstand teen die Stalinistiese burokrasie in die Sowjetunie. Trotsky was al vroeg 'n voorstander van die ingryping van die Rooi Leër teen die Europese fascisme, en daarom was hy in die laat jare 1930 teen Stalin se Molotof-Ribbentrop-verdrag (nieaggressieverdrag) met Adolf Hitler. Hy is vermoor op bevel van Stalin in Meksiko, deur Ramón Mercader, 'n Spaans-Russiese agent. Die grootste deel van sy familie word ook vermoor.

Trotsky se idees, wat strydig is met die teorieë van Stalinisme, vorm die basis van Trotskyȉsme, 'n belangrike stroom binne die Marxisme. Hy was een van die min Sowjetpolitici wat nie gerehabiliteer is deur die regering van Nikita Chroesjtsjof nie. Sy boeke is egter in die laat jare 1980 vir publikasie in die Sowjetunie uitgereik. Uiteindelik word hy in 2001 gerehabiliteer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search